NationalNews

Valies gaan bibber! Koue in Augustus nie ongewoon nie

Sneeu het al in vorige jare in Augustus- en Septembermaande in die Vaal geval

 

As die Suid-Afrikaanse Weerdiens se voorspelling reg is, gaan inwoners van die Vaaldriehoek vanaf more (Vrydag) behoorlik bibber van die koue.

Volgens die weerdiens beweeg twee winterweerstelsels hierdie week gelyktydig oor die land.
Buiten groot koue kan dit ook sneeu, swaar reën en moontlike vloede in sekere dele van Suid-Afrika veroorsaak.

‘n Kouefront het die Wes-Kaap reeds vandag getref, wat met reën en sterk wind gepaard gaan.
Die weerdiens voorspel ook sneeu oor die Drakensberge, die hoogliggende gebiede van die Vrystaat, sowel as oor die Oos- en Wes-Kaap.

Die kouefront sal teen more (Vrydag) in Gauteng en Mpumalanga inbeweeg en die kwik beduidend laat daal.
In Gauteng is koue in Augustus en September nie ‘n ongewone verskynsel nie. Dit het selfs al in dié maande van sekere jare in die Vaaldriehoek gesneeu – soos in Augustus 1962, September 1981 en Augustus 2012.

Hoewel daar nie in dié stadium sneeu vir die Vaaldriehoek voorspel word nie, sal dit tog te lekker wees om weer vir ‘n slag sneeumanne in ons agterplase te kan bou!

Hierdie sneeufoto’s is in Augustus 2012 in die Vaaldriehoek geneem:

Argieffoto: Dié sneeulandskap is in Augustus 2012 deur Michele van Rensburg in Midvaal geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button