Local newsNationalNewsNews

Gewapende rooftog in Vereeniging se middestad

Vaalweekblad het inligting ontvang oor ’n gewapende rooftog by Sedgars in Marklaan vroeër vandag (Saterdag 14 Augustus 2021).

VEREENIGING. – Na verneem word het die rowers blykbaar juweliersware gebuit en met ’n Wit Mercedes Benz gevlug.

Die registrasienommer van die verdagtes se voertuig is blykbaar “HFM 782 FS”.

Volgens Russel Meiring, ‘n woordvoerder vir ER24, het paramedici omstreeks 10:28 by die toneel opgedaag en talle mense wat ten tye van die rooftog in die winkel was op die sypaadjie aangetref.

“Nooddienswerkers het die pasiënte geasseseer en gevind dat niemand enige beserings opgedoen het nie. Baie van die mense was steeds erg geskok deur die voorval,” berig Meiring. 

Daar word verstaan dat daar verskeie verdagtes by die winkel ingstorm het en skote afgevuur het.

Die polisie ondersoek die saak.

Navrae is reeds aan die polisie gerig maar ons het nog nie terugvoer ontvang nie.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateer word sodra ons meer inligting het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button