News

Vermiste man: Rudolf Oosthuizen verdwyn naby Vaal Mall

Laat weet asseblief die familie of Polisie as iemand weet wat van Rudolf geword het.

 

Die familie van ‘n Vanderbijlparkse man, mnr. Rudolf George Oosthuizen, is baie bekommerd oor sy welstand nadat hy gister vermis geraak het.
Hy is op Vrydag, 13 Augustus omstreeks 14:30 die laaste keer gesien toe hy by Vaal Mall afgelaai is, van waar hy gewoonlik huis toe stap.
Hy was ten tyde van sy verdwyning in ‘n blou oorpakbroek en wit baadjie met ‘n ritssluiter geklee, en het veiligheidskoene aangehad.
Rudolf is 34 jaar oud, 1.8 meter lank, weeg 90kg en het blonde hare en blou oë.
Enigiemand wat weet wat met hom gebeur het, word versoek om die polisie te skakel by 016 910 9000 of 061 123 3767 (Verwysing: QRA 522 – 14/08/2021.
Die “saakhanteerder” is F. Deysel maar die naam van die ondersoekbeampte sal nog bekendgemaak word.

Alternatiewelik kan Rudolf se familie geskakel word by 076 739 0243 of 060 347 0212.

Die Familie van mnr. Rudolf Oosthuizen is baie bekommerd omdat hy gister nie na werk huis toe gekom het nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button