Local newsNationalNewsNews

‘Moenie oor Zuma se gesondheid spekuleer nie’ vra DKD

Die department van korrektiewe dienste het vroeër vanoggend bevestig dat die voormalige president Jacob Gedleyihlekisa Zuma steeds homself in ’n hospitaal buite die Estcourt Korriektiewe Sentrum bevind.

Zuma dien tans gevangenisstraf van 15 maande uit nadat die grondwethof hom vroeër skuldig bevind het aan minagting van die hof.

Dit volg nadat Zuma ’n hofbevel verontagsaam het om na die hof terug te keer om te getuig voor die Zondo-komissie van ondersoek na staatskaping.  

Volgens Singabaksho Nxumalo, ’n woordvoerder vir die department van korrektiewe dienste, het Zuma op Saterdag 14 Augusutus ’n operasie ondergaan en sal hy in die komende paar dae nog prosedures ondergaan.

  “As gevolg hiervan is die department van korrektiewe dienste nie in ’n posisie om te voorspel wanneer hy ontslaan sal word nie aangesien ons prioriteit in hierdie stadium is om die beste moontlike sorg aan mnr. Zuma te voorsien,” lui ’n uittreksel uit die verklaring.  

“Aangesien gevangenes nie vrywilliglik in korrektiewe sentrums geplaas word nie, het die staat ’n totale en onontsnaplike verantwoordelikheid en plig om na gevangenes om te sien in ’n manier wat nie hul grondwetlike regte skend of in gedrang bring nie.

Dit sluit toegang tot gesondheidsorg in,” sê Nxumalo.  

“Ons doen ’n beroep op mense om nie oor die gesondheid van mnr. Zuma te spekuleer nie en om mediese praktisyns die ruimte te gee om Voort te gaan om kwaliteit gesondheidsorg aan hom te voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button