Local newsNationalNewsNews
Wateronderbreking vir eers op ys
Die wateronderbreking wat buurte in Vereeniging op Vrydag 20 Augustus droog sou laat is vir eers op ys.
Raadslede van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het vroeër inwoners van Arconpark, Duncanville, Risiville, Drie Riviere, Drie Riviere Proper en Drie Riviere Oos in kennis gestel dat die wateronderbreking op Vrydag 20 Augustus van vroegoggend tot die middag sou plaasvind.
Intussen het die kontrakteur laat weet dat die wateronderbreking eers volgende week sal plaasvind.
Geen spesifieke tyd is nog deurgegee nie, maar inwoners sal glo twee dae voor die wateronderbreking in kennis gestel word presies wanneer dit gaan gebeur.
Die krane moet toegedraai word sodat die munisipaliteit ‘n gebreekte pyp op die hoek van Lee- en Broomstraat in Arconpark kan regmaak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
