Local newsNationalNewsNews

Bakkie bars deur heining in Vereeniging

Die bestuurder van 'n bakkie het Vrydagmiddag beheer oor sy voertuig verloor en deur 'n heining langs Golfweg in Peacehaven gebars.

VEREENIGING. – Dit is onbekend watter tipe beserings die man opgedoen het.

Hy het vir ‘n ruk lank in die voertuig bly sit en ietwat deurmekaar voorgekom.

Die man se seun het later by die toneel opgedaag.

Hy het sy pa aan die arm uit die voertuig getrek en benadruk dat hy hom so gou as moontlik na die huis moet neem.

Die sleutels het in die voertuig agter gebly.

Die ongeluk het tussen 15:00 en 16:00 gebeur.

Die seun het die beseerde man aan sy arm uit die bakkie getrek en was hastig om hom huistoe te neem. Foto: Christiaan Cloete
Die seun het sy pa van die ongelukstoneel af begelei. Foto: Christiaan Cloete
Die man het vir ‘n lang ruk in die voertuig bly sit en deurmekaar voorgekom. Foto: Christiaan Cloete
‘n Boom het ook seergekry. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button