Proudly Three Rivers maak gevaarlike slaggate reg
Proudly Three Rivers het verlede week gevaarlike slaggate in Golfweg reggemaak.
Baie inwoners van Drie Riviere en Risiville gebruik daagliks die pad om heen en weer tussen die middestad en woonbuurte te reis.
Voor dit reggemaak is was die pad se toestand so sleg dat dit inwoners se voertuie beskadig het.
Die pad is darem nou weer rybaar.
Proudly Three Rivers het verlede week ook gehelp om die padoppervlaktes by kafees in Drie Riviere te herstel en is deurlopend besig om die infrastruktuur in tand te hou.
Proudly Three Rivers is deur ’n groep sakemanne van Drie Riviere gestig wat deur die agteruitgang van hul buurt bekommerd was.
Die stigters het besef dat indien hulle nie self moue oprol en betrokke raak by die verbetering van infrastruktuur nie, Drie Riviere so drasties agteruit sou gaan dat huisgesinne nie meer ’n waardige lewe in ’n aanvaarbare, veilige en gesonde omgewing sou kon lewe nie.
Die organisasie is afhanklik van donasies deur die publiek. Besoek gerus Proudly Three Rivers se Facebook-blad of hul webwerf by https://proudly3rivers.showme.co.za vir meer inligting.
Jy kan hulle skakel by 060 562 0816 of ’n boodskap stuur aan info@proudly3rivers.co.za
