Local newsNationalNewsNews

Honde snuffel vuurwapen en ammunisie uit

Vyf mans is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ‘n 9mm-pistool en ammunisie wat na bewering tydens ‘n rooftog gebruik is.

VEREENIGING. – Die polisie het Maandagaand (23 Augustus) omstreeks 22:30 inligting ontvang oor ‘n gewapende rooftog in die Orange Farm-omgewing.


Sers. Thokozani Mnisi, sers. Muziwandile Ziqubu en konst. Jabulani Mthombeni van die Sedibeng honde-eenheid is na die huise van die verdagtes waar vier van die verdagtes in hegtenis geneem is.


Inligting het ook gelei tot die inhegtenisname van ‘n vyfde verdagte op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.


Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen met ‘n patroon in, sowel as 17 rondes ammunisie.


Die vyf verdagtes sou in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklagtes wat verband hou met roof en die besit van onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die ammunisie waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf
Die kosblik met die vuurwapen in. Foto: Verskaf
Die wapen en ammunisie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button