Local newsNewsNews

Filmspan maak draai by Vaalpark Primêr

Vaalpark Primêr gekies vir BBC dokumentêr.

VAALPARK. – Op 17 Augustus was daar groot bedrywigheid by die Vaalpark Primêre Skool toe twee kameramanne van die BBC opnames kom doen het vir ‘n program oor die FAST HEROES projek.

Na wat verneem word, word opnames by skole in vier lande, onder andere Griekeland en Suid-Afrika gedoen. 

Vaalpark Primêr se graad 1 klas is afgeneem en daar is ook kort onderhoude gevoer met van die graad 3 leerders en een van die graad 1 onderwyseresse, Angela Wilson.

Graad 1 onderwyseres, Angela Wilson voor die kameras. Foto: verskaf

Die leerlinge het al die buitegewone aktiwiteite geniet en sien nou uit om hulself eendag op die televisie te sien.

Presies wanneer en waar die dokumentêr uitgesaai sal word is nog nie bekend nie.

Die skool was een van die eerstes in Suid-Afrika, en die eerste in die Vaaldriehoek, om die FAST HEROES beroerte bewusmakingsveldtog te loods.

Dis deel van ‘n wêreldwye beroerte bewusmakingsprogram wat daarop gemik om ‘n miljoen kinders te leer hoe om ‘n held/heldin te wees vir die groot helde  in hul lewens, hul oupas en oumas.

Een van die graad 3 dogters maak gereed om met die BBC-manne te praat. Foto: verskaf

Renathe van der Merwe, ‘n beroerte konsultant van die Angels Inisiatief, sê die FAST HEROES program is ontwikkel om kinders bewus te maak van die simptome en tekens van beroerte.

“Baie kinders bly na skool by hul grootouers of ander ouer mense en daarom is dit belangrik dat hulle die tekens van ‘n beroerte sal kan herken en weet watter nommer om te skakel vir hulp”, het sy gesê.

Meer inligting oor FAST HEROES is beskikbaar by www.fastheroes.com of  die facebookblad, @FastHeroesSouthAfrica.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button