Local newsNationalNewsNews

Lyk van onbekende swart vrou by ‘Spider Valley’ gevind

Die polisie het Sondagmiddag (22 Augustus 2021) die lyk van ’n onbekende swart vrou uit die Vaalrivier langs Mario Milaniweg (Spider Valley) gehaal.

VEREENIGING. – Volgens kapt. Fikile Funda, polisiewoordvoerder, het die polisie omstreeks 12:55  die vrou se lyk daar aangetref.

 

Polisieduikers het die lyk uit die water gehaal.

 

“Die oorledene het ’n rooi trui aan gehad en haar onderlyf was kaal. Sy het krapmerke op haar nek gehad,” sê Funda.

 

Die lyk is na die staatslykshuis geneem.

 Funda sê die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

 ’n Lykskouing sal op die oorskot gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button