Local newsNewsNews

Ondersteun ons jong kunstenaars by die ERT

Sien van die Vaaldriehoek se jong musikante en sangers in aksie hierdie Saterdag by die ERT in Sasolburg.

SASOLBURG. – Vir die eerste keer in die Vaaldriehoek Kunstefees se geskiedenis sal die instrumentale en vokale afdelings by die Etienne Rousseau Teater (ERT) gehou word.

Die groot dag vind op Saterdag, 28 Augustus 2021 plaas en die publiek is welkom om dit by te woon.

Kaartjies beloop R20 per persoon en daar sal 50 mense op ‘n slag toegelaat word.

Foto: verskaf

Die verrigtinge begin om 08:00 wanneer die beginners eerste gaan optree.

Hulle bied gewoonlik ligter vermaak op ‘n hoë standaard aan.

Soos die dag vorder sal die meer gevorderde leerders hul talent op die klavier, viool, klassieke kitaar, elektriese kitaar en agter die mikrofoon ten toon stel.

Hilda Kloppers, die Vaaldriehoek Kunstefees organiseerder, sê dat werke van groot klassieke meesters soos Bach, Beethoven, Chopin en Cardoso onder andere gehoor sal word.

Almal is baie opgewonde om in die ERT te kan optree.

Die Vaaldriehoek Kunstefees is verlede jaar gekanselleer weens die Covid-19 pandemie.

Hierdie jaar het diie organiseerders en die skoolhoofde saam besluit om dit weer aan te bied.

Die meeste van die ander afdelings is reeds afgehandel en is by die onderskeie skole gehou sonder ‘n gehoor.

Die Covid-regulasies het egter in so ‘n mate verander dat die Kunstefees nou by die ERT aangebied kan word met ‘n gehoor.

Hilda sê die waarde van die kunste vir jongmense kan nie onderskat word nie.

“Om aan die Vaaldriehoek Kunstefees te kan deelneem, is ‘n uitlaatklep vir die kinders se kreatiewe energie. Maak nie saak of hulle in een of verskeie afdelings meeding nie, die kinders se selfvertroue en selfwaarde kry ‘n hupstoot.”

Kaartjies sal by die deure beskikbaar wees. Die program behoort teen 13:30 voltooi te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button