Vanderbijlpark Fotoklub se jaarwenners gekroon
Die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging se jaarkompetisie is onlangs afgehandel en die wenners in die onderskeie afdelings is aangewys.
In die Beste Foto van die Jaar-afdeling was dit Elsje Vermeulen se foto “It’s the end of the world as we know it” wat as die algehele wenfoto van die jaar aangewys is.
Sy was dan ook die wenner in die senior-afdeling (4 Ster – Meester) van dié kategorie, terwyl Chris Bester se “Attitude” as die Beste Junior Foto van die Jaar (1 – 3 Ster) aangewys is.


Die beste foto’s in die onderskeie Ster-graderings is:
3 Ster – Chris Bester (Attitude)
4 Ster – Elsje Vermeulen (It’s the end of the world as we know it)
5 Ster – Suzy de Beer (Play Time)
Meester – Haig Fourie (Manlike Afrikaanse Swerwer)
In die Fotograaf van die Jaar-afdeling was dit Mietsie Visser wat as algehele wenner gekroon is. Sy was ook die wenner in die senior-afdeling (4 Ster – Meester), terwyl Chris Bester as die junior-wenner (1 – 3 Ster) gekroon is.


Die klub se Top-10 fotograwe vir 2020 is:
1. Mietsie Visser (377)
2. Haig Fourie (366)
3. Koos Fourie (365)
4. Francois Roux (364)
5. Johan Brits (356)
6. Elsje Vermeulen (355)
7. Suzy de Beer (349)
8. Rensia Fourie (348)
9. Renee Storme (347)
10. Chanel Enslin (345)
In die Werker van die Jaar-afdeling was dit Renee Storme wat loshande die algehele wenner was. Renee was dus ook die Werker van die Jaar in die senior-afdeling, terwyl Rika Schoeman die wenner is in die junior-afdeling.

Die onderskeie Ster-gradering se Werkers van die Jaar is:
1 Ster – Madré Fourie
2 Ster – Rika Schoeman
3 Ster – Chris Bester
4 Ster – Neville Hine
5 Ster – Morné Potgieter
Meester – Renee Storme
In die Voorsitter Trofee-afdeling (waarvan die tema vanjaar “kleure” was) het Francois Roux met die louere weggestap.

