Local newsNationalNewsNews

DA se nuwe burgemeesterskandidaat vir Midvaal dalk vandeesweek al bekend

Terwyl die Demokratiese Alliansie (DA) reeds verlede week sy burgemeesterskandidate vir die groot metrorade bekend gemaak het vir die opkomende plaaslike verkiesing, is daar steeds een groot vraag wat oorbly: Wie is die DA se burgemeesterskandidaat om die leisels van die Midvaal-burgemeester Bongani Baloyi oor te neem.

MEYERTON. – Baloyi, huidige burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, het reeds aangedui dat hy homself nie weer verkiesbaar sal stel vir nog ’n termyn ná die plaaslike verkiesing nie.

Balyoi het in 2013 opslae gemaak toe hy die jongste burgemeester in Suid-Afrika geword het.

Gedurende sy burgeemeesterskap het die munisipaliteit jaar na jaar skoon oudits by die ouditeur-generaal ontvang.

Die vraag op almal se lippe bly egter wie die DA in gedagte het om die leisels by Baloyi oor te neem.

Daardie vraag kan dalk al vandeesweek beantwoord word.

Vaalweekblad verstaan dat die DA reeds teen Donderdag 2 September sy burgemeesterskandidaat bekend kan stel.

Die party het reeds bekend gemaak wie sy burgemeesterskandidate vir die metrorade van Ekurhuleni, Tshwane, Johannesburg, Nelson Mandelabaai en Kaapstad is.

Die burgemeesterskandidate vir die metrorade is as volg:

*Ekurhuleni – Refiloe Ntsekhe

*Tshwane – Randall Williams

*Johannesburg – Mpho Phalatse

*Nelson Mandelabaai – Nqaba Bhanga

*Kaapstad – Geordin Hill-Lewis

Die plaaslike regeringsverkiesing sou op 27 Oktober plaasgevind het maar gaan moontlik tot vroeg in volgende jaar (2022) uitgestel op aanbeveling deur voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button