Vermeende ‘aanhitser’ se borgaansoek slaag
'n Man wat teregstaan op aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld is Maandagoggend (30 Augustus 2021) op borgtog van R40 000 in die Vereeniging-landdroshof vrygelaat.
VEREENIGING. – Landdros Ziphora Phage het tydens haar uitspraak in die borgverhoor gesê dat sy tevrede is dat die vrylating van Themba Mnisi op borgtog in die belang van reg en geregtigheid is.
Sy het verskeie borgvoorwaardes gestel.
Dit sluit in dat Mnisi alle sosiale media rekeninge (“social media accounts”) moet sluit vir die duur van die hofsaak – veral WhatsApp.
Hy mag geen politieke uitlatings of sosiale kommentaar deur enige ander platform maak vir die duur van die saak nie.
Hy moet voortaan Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 14:00 18:00 by die plaaslike polisiestasie aanmeld.
Die saak is tot 17 September uitgestel.
*Meer volledige verslag volg later.

