Local newsNewsNews

Vrydag is Loslitdag!

Het jy al jou plakker gekoop? Loslitdag is hierdie Vrydag!

VEREENIGING. – Ondersteun mense met gestremdhede. Koop jou loslitdag plakker vir slegs R20 aanlyn.

Dis so maklik soos kliek op die skakel, https://casualday.co.za/eureka.school.

Die webtuiste gee duidelike aanwysings oor hoe om jou elektroniese plakker in jou e-posbus te kry.

Indien jy op hierdie spesifieke skakel kliek, sal die Vaaldriehoek se Eureka Skool vir kinders met fisiese en intellektuele gestremdhede ‘n gedeelte van die fooie ontvang.

Lostlitdag word sedert 1995 jaarliks gevier om meer bewusmaking van persone met gestremdhede te skep.

Daardie jare was meer formele werksdrag die orde van die dag (om van die huis af te werk was nog ongehoord) en op Loslitdag kon jy meer informeel werk toe aantrek.

Die enigste voorwaarde was dat jy ‘n Loslitdagplakker moes hê en natuurlik die baas se toestemming!

Skakel gerus vir Anna-Marie op 083 440 1025 vir meer besonderhede.

Daar is ook verskeie ander items wat vooraf op die webtuiste bestel kan word. Dit sluit armbande, pette en T-hemde in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button