Local newsNationalNewsNews

Kapings in Drie Riviere: Die polisie wis van niks

Sosiale media is aan die gons oor ‘n groep mans wat glo ’n skrikbewind in Drie Riviere voer en mense probeer kaap. Die polisie sê egter hulle dra geen kennis hiervan nie.

VEREENIGING. – Die polisie se woordvoerder in Vereeniging, kapt. Fikile Funda, het Dinsdagmiddag (31 Augustus 2021) by navraag aan Vaalweekblad gesê hy kan slegs kommentaar lewer oor voorvalle wat wel by die polisie aangemeld is en deur die polisie ondersoek word.

Volgens hom was daar die afgelope twee dae nie ’n enkele motorkaping of enige pogings tot motorkapings aangemeld nie.

Vereeniging se polisiewoordvoerder, kapt. Fikile Funda, rapporteer dat daar in die afgelope twee dae nie ‘n enkele motorkaping of poging tot motorkaping in die omgewing aangemeld is nie. Photo: Moleboheng Chaha

Hy kon dus nie kommentaar lewer oor hierdie aangeleentheid nie.

Volgens boodskappe wat op sosiale media gesirkuleer word ry die mans ’n Toyota Yaris met ’n leerlingbestuurder-plakker op die linkerkantse hoek van die agterruit.

‘n Foto wat op WhatsApp aangestuur word van die verdagtes se voertuig. Foto: Verskaf

“Die modus operandi is dat die voertuig in die pad stop en die flikkerligte aanskakel word. Wanneer jy probeer om verby die voertuig te beweeg is daar ’n man wat teen jou deur skop. Die oomblik wat jy stop en uitklim, klim drie ander mans, gewapen met messe en ’n moersleutel in die voertuig, val jou aan en probeer die voertuig steel,” lui die een boodskap.

Dit is onbekend wie die outeur van die boodskap is maar meeste mense stuur dit net aan.

Die foto wat wyd saam met die boodskap gesirkuleer word is glo van ‘n vermeende motorkaper. Foto: Verskaf

Volgens een van die boodskappe het die insident in Generaal Hertzogweg en in Drie Riviere Oos plaasgevind.

Volgens ‘n ander boodksap het dit in  Houtkopweg in Drie Riviere plaasgevind.

Ben Almero van die veiligheidsmaatskappy National Crime Assist Vaal, wie se besondederhede op een van die boodskappe verskyn, kon nie onmiddelik met Vaalweekblad praat nie.

Hy was besig om vure te blus en het gevra dat ons hom oor twee uur terugskakel.

Volgens die WhatsApp-boodskappe is hierdie foto van een van die mans wat glo motoriste in besige strate in Drie Riviere aanval. Foto: Verskaf
Die boodskappe wat versprei word. Dit is onbekend wie dit opgestel en die eerste keer aangestuur het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button