Local newsNationalNewsNews

Slagoffer van ‘mislukte kaping’ praat

'n Man en sy familie wat op Saterdag 28 Augustus glo die slagoffers van 'n mislukte kaping in Gereraal Hertzogweg, Drie Riviere was het intussen navore gekom en met Vaalweekblad oor die voorval gesels.

VEREENIGING. – Die man wat anoniem wil bly uit vrees vir weerwraak sê hy, sy vrou en dogters (18 en 11) was op Saterdag 28 Augustus omstreeks 13:00 die middag in die rigting van die Kwikspar Four Ways onderweg toe hy die mans se stilstaande voertuig (vermoedelik ‘n Nissan Micra) naby die kruising by Riverside High School opgemerk het.

Sy vrou vertel: “My man het bestuur. Ek het links voor gesit en my dogters agter.”

Volgens die man was die voertuig in die linkerkantste baan, ongeveer 300m van die vierrigtingstop geparkeer.

Die kar het effens skuins in die baan gestaan, die noodligte was aan. Volgens die man het een van die mans in die pad gestaan en met sy vinger na hom gewys.

Ek werk in die konstruksiebedryf en het aanvanklik gedink dit is iemand met wie ek al te doen gekry het,” vertel hy.

Die vrou vertel: “My man het spoed verminder (tot omtrent 20km per uur) en aan die regterkant probeer verby gaan toe die kar geskop is.”

In die verbygang het die man wat in die pad gestaan het die linkerkantste deur aan die agterkant van die voertuig geskop.

Die selfoonfoto van die beweerde aanvaller met die mes in sy hand. Foto: Verskaf

Die vrou vertel: “Dis toe wat my man stil gehou het, om te hoor hoekom die man ons kar geskop het. My man het uitgeklim en die man in die straat gevra hoekom hy die kar geskop het.”

Ek het my deur oop gemaak en was besig om uit te klim om na die skade te kyk. Ek het toe gehoor hoe my man skree dat een van die persone ‘n mes het.”

Ek het my deur (net betyds) toegeslaan en toe gesien hoe die mes die venster by my gesig tref. Gelukkig het die venster nie gebreek nie.”

Die krapmerk waar die mes se lem die kar getref het. Foto: Verskaf

Hy het daarna aan my deur gepluk maar kon dit nie oop kry nie,” vertel die vrou.

Die motoris het die kar in trurat gesit en agteruit gery in ‘n poging om van die gewapende man af weg te kom.

Met die agteruitry het hulle gemerk dat een van die mans in die straat besig was om ‘n moersleutel (“wheel spanner”) uit die kattebak te haal.

Die gesin vermoed dat hy dit wou gebruik om die ruit mee uit te slaan.

Een van die mans het glo ‘n moersleutel uit die kattebak gehaal. Die familie vermoed hy wou die venster daarmee uit slaan. Foto: Verskaf

Die vrou vertel: “My jongste dogter het begin roep na haar pa. Sy het die man eerste gesien. Dis toe wat ons besluit het om weg te jaag.”

‘n Gedeelte van die voorval is op selfoonvideo vasgevang.

Die gesin sê hulle is erg deur die voorval getraumatiseer.

Die jongste dogter ontvang tans berading en die man het Woensdag (1 September) nie gaan werk nie omdat hy steeds erg getraumatiseer is.

Die vrou vertel dat sy vries elke keer wat sy ‘n wit Yaris in die straat gewaar.

Die familie het gevra dat Vaalweekblad hul identiteite beskerm.

Volgens die man het hy nie die voorval by die polisie aangemeld nie omdat hy nie die polisie vertrou nie.

Die duikmerke (van die skop) en krapmerke (van die messteek) sit steeds op die voertuig en herriner hulle aan die traumatiese voorval.

Die man sê hy is nie bewus van enige ander soortgelyke voorvalle in die omgewing waarvan daar op WhatsApp-groepe gepraat word nie. Hy het benadruk dat dit nie hy is wat die boodskap aangestuur het nie.

Die aanvaller het glo die kar tydens die aanval geskop. Foto: Verskaf
Een van die mans wat glo deel was van die groepie wat ‘n man, sy vrou en dogters in Generaal Hertzogweg wou aanval. Foto: Verskaf
‘n Foto van die verdagtes se voertuig. Foto: Verskaf
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button