Local newsNationalNewsNews

Tannie Lea van Huis Meyerton sterf in haar slaap

Mnr. Stoffel Reynders (75), bekende inwoner van Huis Meyerton, het gisteraand sy lewensmaat en vriend op die lewensreis, mev. Lea Reynders (75), aan die dood afgestaan.

MEYERTON. – Reynders is tussen Dinsdagaand (31 Augustus 2021) en Woensdagoggend (1 September 2021) in haar bed dood.

Ek het aan haar gevoel maar sy was koud,” het ‘n hartgebroke Reynders Vaalweekblad op die oggend van Lentedag 2021 laat weet.

‘n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Reynders en sy vrou is meer as vyf dekades getroud.

Vaalweekblad het net verlede jaar oor die paartjie se liefdesreis wat oor vyf dekades strek berig.

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button