Local newsNewsNews

Dié CE1-kruising gevaarlik, eis te veel lewens

VANDERBIJLPARK. - “Ek was verlede Donderdag omstreeks 10:00 by die huis toe ek een hengse slag gehoor het. Ek het gehardloop om te gaan kyk en op ‘n man afgekom wat met sy bromponie in ‘n ongeluk betrokke was. Ek kon sien dat hy baie seergekry het.”

Bonika Gouws bly al 12 jaar naby die gevaarlike kruising in Ericsonstraat, CE1 (naby die Vuma Vulstasie) waar dit met Playfair-boulevard kruis.

“Ek het sy kop op my skoot gehou en hom probeer bystaan terwyl ons sy dogter probeer kontak en ons vir die nooddienste gewag het. Die man wat in die ongeluk beseer was, mnr. Robert Calvert, was in erge pyn.

Wyle mnr. Robert Calvert.

“Hy het heeltyd in Engels gesê dat hy nie asem kry nie en dat hy besig was om dood te gaan. Ek het vir hom bly bid en gesê dat hy okay sal wees, maar hy is later in die hospitaal oorlede,” vertel ‘n hartseer Bonika.

Sy help oor die afgelope 12 jaar gereeld tydens sulke ongelukke by die kruising, maar voel nou dat die tyd aangebreek het om die kruising veiliger te maak.

Bonika glo dat spoedhobbels moontlik die oplossing kan wees. Sy wil graag weet hoe mens te werk moet gaan wanneer inwoners ‘n beswaarskrif wil laat opstel en laat teken met ‘n versoek om spoedhobbels by die betrokke kruising te laat aanbring.

Bonika Gouws (33) bly al 12 jaar naby die gevaarlike kruising en wil nou help om dit veiliger te maak.

Sy bedank ook namens die oorledene se familie die ER24-personeel vir hul toewyding op die ongelukstoneel, asook Johan Boshoff-insleepdienste wat gehelp het om mnr. Calvert se dogter in die hande te kry.

“Ek dink aan wyle mnr. Calvert se gesin in die hartseer tyd en hoop en bid dat daar binnekort spoedhobbels sal wees om sulke ongelukke te help verhoed,” sluit Bonika af.

* Vaalweekblad sal die raadslid in die gebied vra om die moontlikheid van spoedhobbels onder die munisipaliteit se aandag te bring sodat ‘n behoorlike ondersoek gedoen en planne vir beveiliging van die pad geïmplementeer kan word.

Nog ‘n foto van die gevaarlike kruising.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button