Groot lekkerte vir klassieke musiek entoesiaste
Breek weg van die alledaagse en word meegevoer deur die talentvolle Odeion Strykkwartet.
SASOLBURG. – Na ‘n baie suksesvolle optrede deur die bekende tjellis, Carel Henn by die Etienne Rousseau Teater (ERT) op Sondag, 29 Augustus, kan klassieke musiek aanhangers nou uitsien na ‘n groot bederf in September.
Die Universiteit van die Vrystaat se Odeion Strykkwartet gaan Sondagmiddag, 19 September om 14:00 bekende werke van die groot meesters Tchaikovsky, Schubert en Piazzolla opvoer.
Die Odeion Strykkwartet is in 1991 as ‘n permanente, voltydse strykkwartet begin by die Universiteit.
Die lede is Samson Diamond (eerste violis), Sharon de Kock (tweede violis), Jeanne-Louise Moolman (violis) en Anmari van der Westhuizen (tjellis).
Alle Covid-19 maatreëls geld steeds. Onthou dus om vooraf te bespreek, want sitplekke is beperk.
Bespreek via WhatsApp by 0632175147. Kaartjies is R150 (60+) en R180 vir persone onder 60 jaar.

