Local newsNationalNewsNews

Ontmoet die DA se nuwe burgemeesterskandidaat vir Midvaal

“Ons sal eerstens die munisipaliteit moet stabiliseer. Dit is belangrik dat ons die poste van munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte vul.”

“Ons sal eerstens die munisipaliteit moet stabiliseer. Dit is belangrik dat ons die poste van munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte vul.”

Dit is volgens die DA se nuwe burgemeesterskandidaat vir die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Peter Teixeira, een van die belangrikste kwessies wat aangespreek sal moet word.

Hoog op die lys van probleme wat volgens Teixeira getakel sal moet word is rioolprobleme by Rothdene wat veroorsaak word deur ‘n onvoltooide projek van die departement van waterwese en sanitasie op ‘n nasionale vlak.

Teixeira is op Donderdag 2 September as die DA se nuwe burgemeesterskandidaat by die Meyerton-sportklub aangewys en sal homself in die komende plaaslikeregeringsverkiesing verkiesbaar stel vir die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

 

Teixeira sê die munisipaliteit sal voortgaan om te doen wat hy die beste doen, deur groei te bewerkstellig en inwoners tot die beste van hul vermoë te dien.

Teixeira het in ‘n toespraak gesê hy voel geërd om sy party se nominasie as burgemeesterskandidaat te aanvaar.
Die 38-jarige Teixeira is op 23 Desember 1982 in Mpumalanga gebore en het in Meyerton grootgeword.

Hy is die seun van Joau Teixeira (van Portugese oorsprong) en Thandi Mashego (van Tshonga-oorsprong).
Hy het aan Meyerton Primary en Riverside High School skoolgegaan.

Hy het ‘n diploma in sportbestuur van Boston College en is ook n kranige sportman.

(Hy het in sy jonger dae Cravenweek vir die Valke gespeel en was in ‘n stadium kaptein van Vereeniging-rugbyklub se o.19 span).

Hy het tussen 2016 en 2020 as burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste gedien en dien tans as burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapdienste.

“Ek onthou hoe ek as kind my fiets as ‘n jong seun deur die strate van Meyerton gery het. Ek het gesien hoe ons dorp groei en van krag tot krag gaan onder die sterk leierskap van die DA,” vertel hy.

“Ek is reg om op die DA se goeie werk voort te bou deur kwaliteit dienste aan al Midvaal se inwoners te lewer,” het hy gesê.

Teixeira het die uittredende burgeemeester Bongani Baloyi en sy span bedank vir hul diens aan die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

“Die munisipaliteit word vandag as die beste munisipaliteit in Gauteng, sowel as een van die beste munsipaliteite in die land gereken danksy uitstekende dienslewering, skoon oudits en die munisipaliteit se toegewydheid aan goeie bestuur.”

“Dienslewering is die goue draad wat gebruik word om die tapesterie van goeie, skoon en deursigtige bestuur te brei.

“Terwyl ANC-munisipaliteite gekenmerk word deur korrupsie en wanbestuur het die DA voortgebou op hul bestuurstyl van goeie bestuur en dienslewering.”

Teixeira het die munisipaliteit al oor die jare as raadslid en burgemeesterskomiteelid gedien en was in ‘n stadium ook die politieke hoof van die DA in Midvaal.

Hy meen sy ervaring plaas hom in ‘n posisie om die holisitese kultuur van Midvaal te verstaan, sowel as om te begryp watter toegewydheid dit neem om die wiele van sukses te laat draai.

Peter Teixeira, die DA se nuwe burgemeesterskandidaat, by Salome Janse van Rensburg, raadslid vir Risiville. Foto: Christiaan Cloete
Peter Teixeira lewer ‘n toespraak nadat hy as burgemeesterskandidaat aangewys is. Photo: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button