Local newsNationalNewsNews

Bennie van Kookrus benodig hulp

'n Man van Meyerton met 'n reusagtige gewas op sy gesig benodig steeds hulp met mediese onkostes wat aanhou ophoop.

MEYERTON. – Bennie de Lange (65) van Kookrus se probleme het begin toe hy ’n klein kolletjie op sy vel ontdek het wat soos ’n swartkoppie gelyk het.

Nadat hy aan die kolletjie gedruk het, het dit aanhou groei en groei.

Daar is vasgestel dat dit ‘n kwaadaardige gewas is. Bennie is weens sy toestand nie meer in staat om te werk nie.

Hy wag glo steeds om ’n operasie by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto te ondergaan sodat hulle die kwaadaardige gewas kan verwyder.

Volgens Bennie se dogter Michelle was haar pa onlangs by ‘n dokter in Meyerton waar hulle meegedeel is dat haar pa se bloeddruk baie laag is.

Die dokter is bekommerd oor my pa en dit lyk ook of die kanker in sy bloed is, want sy kliere begin nou swel en hy het verskriklik maer geword.

Hy het ook druksere ontwikkel en ons weet nog nie wanner gaan hulle sny nie,” vertel Michelle.

Ons vra asseblief weer as dit moontlik is vir die publiek om hul harte oop te maak om ons te help met donasies vir my pappa se medikasie en die goedjies wat hy nodig het,” skryf Michelle in ‘n boodskap.

“Ons wil hom in ‘n privaathospitaal plaas,” voeg sy by.

Sy het lede van die gemeenskap bedank vir die onderstening tot dusver en veral Helplift Meyerton wat gereeld uithelp.

Mense wat in staat is om te help kan Michelle by 062 065 0809 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button