Nierversaking: lae oorplanting syfers in SA
Meer as twee miljoen mense wêreldwyd ontvang behandeling vir nierversaking deur middel van dialise of ‘n nieroorplanting. Daar is egter veel meer mense wat behandeling benodig, maar weens toegang tot mediese hulp is hulle nie in staat nie, en baie van die mense sterf.

Nasionale Nierbewusmakings week word gevier van 6-10 September 2021
Dieselfde situasie speel af in Suid-Afrika, met van hoogste syfers van eindstadium nierversaking in die wêreld en ook relatiewe min orgaan-en-weefseloorplantings in vergelyking met ander lande.
Mediese personeel asook die publiek het nie genoegsame feitelike inligting wat die proses van orgaan-en-weefseloorplantings aanbetref nie, dit is maar een van die bydraende faktore wat lei tot die lae oorplanting syfers.
Suid-Afrika is een van 12 Afrika lande wat nieroorplantings doen en die enigste land in Afrika wat gebruik maak van oorlede skenkers vir oorplantings.
Nie al die pasiente wat Eind Stadium Nierversaking het kwaififseer vir ‘n oorplanting nie en die wat wel op die waglys kom vir ‘n oorplanting kan ongeveer 12-15 jaar wag vir ‘n nier op die O-bloedgroep lys.
Al hoe meer oorplantings word gedoen van lewende skenkers weens die tekort aan oorlede skenkers. ‘n Skenker kan ‘n familielid (lewende verwante skenker), ‘n vriend (lewend onverwante skenker) or ‘n altruïstiese skenker (vreemdeling).
Die skenker ondergaan verskeie mediese toetse om seker te maak dat hulle gesond is om die operasie te ondergaan en met een nier te kan funksioneer.
