Local newsNationalNewsNews

Voertuig rol, man uitgeslinger

ER24 sê ’n 47-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe hy Vrydagaand beheer oor sy voertuig in Blackwoodstraat in Drie Riviere verloor en die voertuig gerol het.

VEREENIGING. – Volgens ER24-woorvoerder Werner Vermaak het nooddienswerkers kort ná 09:00 by die toneel aangekom en die man verskeie meters van sy voertuig aangetref.

 

Daar word vermoed dat hy tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is toe die voertuig gerol het.

 

Nooddiensbeamptes het hom op die toneel behandel.

 

Hy is na die Midvaal Privaathospitaal geneem vir behandeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button