Local newsNationalNewsNews

Motorfietsryers, liefdadigheidsorganisasie bied bystand aan blankes in nood

Lede van die Lone Wolves Vaal-motorfietsklub het op Saterdag (4 September 2021) aan ’n gemeenskapsuitreik in Johannesburg deelgeneem waartydens hulle kospakkies aan behoeftige mense van die gemeenskap oorhandig het.

VEREENIGING. – Die Lone Wolves het altesaam 140 kospakkies aan die arm wit gesinne by Laerskool Generaal de la Rey in Florida oorhandig.

Die Lone Wolves het die projek saam met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare aangepak.

Elke pakkie het genoeg blikieskos, meel en ander items in om ’n gesin van vyf te voed.

‘n Dogtertjie tel ‘n emmertjie met kos op. Foto: Verskaf

Volgens Leon Cronje, direkteur van die organisasie Boere Gemeenskap Transvaal, is meeste van die behoeftige mense wat op die dag gehelp is enkelmas met kinders van die omgewing.

Hulle is van die omliggende gemeenskappe van Newlands, Montclare, Claremont Vrededorp afkomstig.

“Dit is mense wat in motorhuise, agterkamers of op straat bly. Baie van hulle tel plastiek op om brood vir hul kinders te kan gee. Mense ry verby hulle op straat,” vertel Cronje.

Behoeftige gesinne met kosvoorraad wat Saterdag aan hulle voorsien is. Foto: Verskaf

Volgens Cronje bestaan Boere Gemeenskap Transvaal, ’n nie-winsgewende organisasie, al vir die afgelope sewe jaar.

Hulle bied bystand aan blanke landsburgers in nood.

Volgens Cronje bied hulle tans hulp aan ongeveer 21 wit plakkerskampe Johannesburg, Pretoria , Rustenburg, Klerksdorp, Alberton en Boksburg.

Hy meen dat hoewel armoede ’n reuse probleem in Suid-Afrika is, dit veral  wit mense is wat swaar kry in die huidige bestel.

“Baie mense dink ons is rassisties maar dit is ons reg om vir ons mens op te staan. Die skenking kom van ons eie volksgenote en gaan aan ons volksgenote,” vertel hy. Tydens die uitreik het hulle ook die Woord verkondig en hoop aan mense gebring.

Kospakkies lê uitgepak by Laerskool Generaal de la Rey. Foto: Verskaf
Brood en ander items. Foto: Verskaf
Wortels, aartappels en ander groente. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button