Spaanse dans lentefees by ERT
Maak reg vir 'n vrolike lente skouspel op 17 en 18 September wanneer die jong dansers van Carli Olivier se dans studio by die ERT hul Spaanse dans vernuf ten toon gaan stel.
SASOLBURG. – Kom vier die lente saam met Carli Spanish Dance Productions by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
Hulle bied op 17 en 18 September 2021, vyf vertonings van hul lente produksie, Primavera aan.
Elke vertoning duur ‘n uur en word ingelei en afgesluit deur die studio se meer gevorderde dansers.
Die ander ouderdomsgroepe het elkeen ‘n ander vertoning waar hul optree.
Carli Olivier sê: “Ons moes kreatief dink rondom die Covid-19 beperkings en het besluit om deur die vyf vertonings elke groepie ‘n kans te gee om deel te neem.”
“Die seniors is baie opgewonde dat hulle in twee dae vyf keer op die verhoog sal wees. Almal het so hard gewerk en sien baie uit daarna om weer voor ‘n gehoor te kan dans”, vertel Carli trots.
Kaartjies is nog beskikbaar vir die vrolike, kleurspel van klassieke en flamenco Spaanse danse.
Die vertonings vind as volg plaas. Vrydag, 17 September van 16:00 – 17:00 en vanaf 18:30 – 19:30.
Saterdag, 18 September vanaf 11:00 – 12:00, 14:00-15:00 en 17:00 – 18:00.
Kontak vir Carli by 082 325 2815 om plek te bespreek en kaartjies te bekom.
Meer inligting beskikbaar op die Facebookblad @ERTSasolburg.

