Local newsNewsNews

AfriForum Sasolburg ‘n steunpilaar in gemeenskap

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Augustus weer eens sy vernuf gewys en die Sasolburg-gemeenskap op verskillende vlakke bygestaan.

Dit is brandseisoen en die AfriForum-buurtwag het op verskeie geleenthede gehelp om brande in die omgewing te bestry. Die buurtwag het onder meer hulp verleen by Stols Vervoer om ’n brand onder beheer te bring.

Die AfriForum-tak het na die afsterwe van Izak Lessing, voormalige voorsitter van die tak, op ’n besondere wyse ’n laaste eer aan hom bewys.

Die trekkergrassnyers waarmee die tak steeds gras sny was Lessing se inisiatief en die buurtwag het hom veral na aan die hart gelê, daarom het die taklede hierdie trekkers, met buurtwagligte op, gebruik om in ’n konvooi na sy huis te ry waar hulle blomme aan sy vrou oorhandig het.

Verder het die tak ook die Helpende Hand gehelp om die noodvoorrade wat ingesamel is vir inwoners van KwaZulu-Natal na Roodepoort te verskuif, dit sal van daar versprei word na die dele waar dit nodig is.

“Die AfriForum-tak in Sasolburg is altyd bereid om te help, hulle is regte steunpilare in die gemeenskap en ons waardeer hulle,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button