Local newsNewsNews

Beleef André Rieu op die groot skerm

Dis die ideale manier om die laaste van die winter se geite af te skud en die nuwe seisoen behoorlik te vier. 'n Middag waar jy net kan ontspan en die musiek van André Rieu op die groot skerm kan geniet.

SASOLBURG. – André Rieu word nie verniet die Koning van die Wals genoem nie. Hy kan toor met ‘n viool en sy Johann Strauss orkes bekoor gehore wêreldwyd nou al vir dekades.

Sy vertolking van Sarie Marais duik gereeld weer op sosiale media op en laat mens elke keer met hoendervleis. Kyk hier daarna.

Foto: verskaf

Op Sondag, 26 September bied die ERT Fliekklub ‘n vertoning aan van ‘n baie spesiale konsert wat André self saamgestel het.

Die vertoning, Together Again – Join the celebration, word van 24 – 26 September in geselekteerde teaters oor die land aangebied.

Vaaldriehoekers is bevoorreg om hierdie vertoning op die teater se groot skerm te kan meemaak.

Dié digitale konsert neem die gehoor op ‘n reis na verskeie van die orkes se gunsteling plekke waar hulle al oor die jare opgetree het.

Dit sluit Mainau, Bucharest, Mexico City, Melbourne, Instanbul en natuurlik Amsterdam in.

Die gebore Nederlander glo dat enige een klassieke musiek kan geniet. Hy is bekend vir sy skerp sin vir humor, meesterlike vertolkings en sjarme.

Herman van Niekerk van die ERT het laat weet dat daar hulle nou 225 mense op ‘n slag in die teater mag toelaat onder die nuwe regulasies wat President Ramaphosa op 12 September aangekondig het.

Kaartjies beloop R100 per persoon. Die vertoning begin om 14:00 en duur 140 minute.

Bespreek jou sitplek deur ‘n WhatsApp te stuur na 063 217 5147 met jou naam, van, e-pos adres en die hoeveeldheid kaartjies wat gekoop word.

Betalings geskied via elektroniese oorbetaling en dan die bewys van betaling na bogenoemde nommer te WhatsApp.

Kaartjies sal 30 minute voor die aanvang van die vertoning onder jou naam by die ingang beskikbaar wees.

ERT Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Etienne Rousseay Theatre. Bank: First National Bank. Rekeningnommer: 62551342092

Vir meer besonderhede besoek die teater se Facebookblad by @ERTSasolburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button