Vaalweekblad deel met trots nog 'n pragtige foto-versameling dansky die ywerige fotograwe. Ons verwelkom ook vir Rachelle Earle van Deneysville wat haar buiging op die blad maak.
Monique Ackerman (oud-Sasolburger) – (Mystic Balance Photography) – van Winkelspruit, KwaZulu-Natal het die besondere foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 64ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (15 September). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Monique Ackerman (oud-Sasolburger) – (Mystic Balance Photography) – van Winkelspruit, KwaZulu-Natal het die besondere foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die kunstige foto geneem.Rachelle Earle van Deneysville het die pragtige sonsondergang op hul kleinhoewe geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.Rickus Strydom (oud-Valie) wat nou in San Jose, California in die VSA woon, het die mooi foto geneem. Besoek Rickus Stydom Photography se Facebookblad om van sy kunswerke te koop.Rozan Koen (Prime Photography) van Vaaloewer het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 081 284 3227.Vandachka Gouws van Vereeniging het die pragtige foto geneem. Kontak Veejays Lens gerus by 072 0895 906.Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die oulike foto op hul plaas net buitekant Brandfort geneem.Albertus Kriel van Vanderbijlpark het die mooi foto in die EcoPark geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens vakansie in Penang geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonsondergang foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskap foto geneem.Chantell Strydom (Strydom Photography) van Vredefort het die skattige foto geneem. Kontak haar gerus by 063 820 7663.Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto tydens hul onlangse vakansie geneem.Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n naaldekoker geneem.Fransie Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die mooi foto geneem.Gerald Gower van Sasolburg het die pragtige nywerheids foto geneem.George Stevens het die pragtige foto van ‘n vlei-uil in die Rietvlei-natuurreservaat geneem. George en sy vrou Fransie was jarelange inwoners van Vereeniging, maar woon nou in Garsfontein.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi troufoto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Johan Froneman van Vanderbijlpark, wat ‘n voorliefde vir die natuur het, het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Jan Putter van Sasolburg het die mooi landskap foto by die EcoPark geneem.June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto van die Tibetan Bridge geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful photo.Jo-Mari Jansen van Vuuren (Pic A Memory) van Parys het die mooi troufoto geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by die Victoria Wharf Waterfront geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto naby Henley-on-Klip geneem.Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die mooi foto op hul plaas net buitekant Brandfort geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto op Riversong-plaas geneem.Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto in Calvinia geneem.Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n laksman in die Austin Roberts-voëlpark geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto naby die Tristaina-rivier geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za