Local newsNewsNews

Vaalpark gemeenskap werk saam om misdaad te bekamp

Vaalpark stel 'n voorbeeld vir ander dorpe in die manier hoe hul saamwerk om misdaad te bekamp.

VAALPARK. – Die goeie nuus vanuit Vaalpark is dat daar die afgelope tyd bykans geen misdaad gerapporteer is nie.

Leeglêers word vinnig gevra om die gebied te verlaat en enige verdagte voertuie of bedrywighede word dadelik ondersoek.

Dit is die resultaat van ‘n gemeenskap wat begin saamwerk om hul dorp ‘n veilige hawe te maak vir al die inwoners.

Arrie Coetzee van Public Eye sê die volgende stap sal wees om kameras by die dorp se ingange op te sit.

Daar is reeds begin met ‘n fondsinsamelingsprojek om die R300 000 wat benodig word in te samel.

Belrex innovations gaan die kameras installeer en 24 uur monitor. Terselfdertyd sal die beeldmateriaal ook na die Public Eye kontrolekamer gespieël word.

Die rooi merkers dui die plekke aan waar die torings opgerig gaan word, asook die posisie van die kontrolekamer. Foto: verskaf

Daar word beoog om drie torings op te sit. Die eerste sal op die hoek van Minnaar- en Paardebergstraat wees, die tweede op die hoek van Olivierhoek en Paardeberg en die derde een net so bietjie terug in Paardebergstraat.

Arrie sê die projek word mylpaal vir mylpaal aangepak. Die eerste mylpaal is om genoeg fondse in te samel om die kontrolekamer op te gradeer met die regte toerusting om die beeldmateriaal van die kameras af te kan monitor. 

Daarna sal daar vir die afsonderlike torings geld ingesamel word. Die sisteem sal ook aan die National Vehicle Intelligence Cloud (NAVIC) gekoppel wees.

Dit beteken Belrex sal die kontrolekamer kan verwittig van verdagte voertuie wat in die rigting van Vaalpark op pad is.

Daar sal dus opgetree kan word nog voordat die voertuie in Vaalpark ingekom het.

Die hele stelsel sal ook met sonpanele funksioneer wat 24/7 monitering vir seker selfs al is daar beurtkrag of ‘n ander kragprobleem. Volgens Arrie word R55 000 benodig om mylpaal 1 te behaal.

Daarvan was reeds oor die R12 000 teen 12 September ingesamel.

“Die meeste hiervan is van individue uit die gemeenskap ontvang, maar van die omgewing se maatskappye soos Du Plessis Sand, Mass Petrolueum en Glydepath het alreeds aangedui dat hulle ook betrokke wil raak”, het Arrie gesê.

“Die drie torings met kameras wat opgerig gaan word, gaan die ruggraat vorm van kameras wat in die toekoms by strategiese punte in die dorp opgesit gaan word. Saam sal ons verseker dat Vaalpark misdaadvry bly.”

Arrie het bygevoeg dat indien individue, organisasies of maatskappye tot die projek wil bydra, hul vir Denise kan kontak by 083 304 7090.

Foto: verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button