Local newsNewsNews

Oranje blomme vrolik Eureka se AGHS-dag op

Die Eureka skool in Vereeniging het gister aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom-dag gevier met kleurryke blomme.

VEREENIGING. –  In Suid-Afrika word National Attention Deficit Hyperactivity Disorder (ADHD) Day jaarliks op 14 September gevier.

Volgens Afrikaans.com staan ADHD in Afrikaans bekend as AGHS – aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom, of ook AAHS – aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.

AGHS se amptelike kleure is oranje en geel.

Van die Eureka leerlinge by die vrolike plakkaat wat opgesit is.

By die Eureka Skool het die leerlinge met AGHS die dag gevier deur 2 liter bottels se onderkante af te sny, dit oranje te verf en dit dan as blomme vir die heining te gebruik.

Die terapeute het verder vir groot oranje en geel blomme en ander versierings gesorg.

Die personeel was ook almal in oranje geklee en het vrolike “ADHD awareness”- plakkers gedra.

Die plakkers wat die personeel as deel van die bewusmakingsdag gedra het.

Die leerlinge met AGHS het ook elkeen ‘n plakker gekry as deel van die bewusmakingsveldtog.

Volgens die webtuiste www.wieisek.co.za is “AGHS ‘n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel.

“Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word of dat oormatig hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op ‘n taak te konsentreer.

“Dit kan ook ‘n kombinasie van albei wees. ‘n Gebrek aan konsentrasie lei daartoe dat die kind nie in staat is om nuwe dinge aan te leer of inligting in te neem nie, en dit vertraag sy of haar ontwikkeling.

Die leerlinge het gehelp om die heining te versier.

“Simptome kan reeds van vroeg af waargeneem word en as dit nie goed bestuur word nie, kan dit tot in die laat tienerjare en selfs tot in volwassenheid voortduur.

“Die spesifieke oorsake van AGHS is onseker, maar daar word algemeen aanvaar dat genetiese faktore die grootste oorsaak is.

“Hierby kan dieet, asook die sosiale en fisieke omgewing van die kind, ‘n rol speel. AGHS kan suksesvol behandel word, en normaalweg word ‘n kombinasie van medikasie en ‘n gedragsprogram voorgestel.”

Dit is belangrik om daarop te let dat slegs ’n mediese praktisyn, soos ’n pediater of ’n pediatriese psigiater, ‘n kind behoort te diagnoseer.

Meer inligting is beskikbaar by https://afrikaans.com/2020/09/29/my-kind-het-aghs-wat-nou/ en https://www.wieisek.co.za/index.php/informasie/kinder-diagnose/aghs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button