Local newsNewsNews
Maak seker jy sms die regte nommer
Vaalweekblad se sms nommer en die IEC se sms nommer verskil nie veel nie en mens kan maklik 'n fout maak.
Vaalweekblad het die afgelope week meer as 200 sms’e ontvang van mense wat wil weet of hulle geregistreer is om te kan stem.
Of die mense almal ‘n tikfout gemaak het, en of iemand êrens die verkeerde inligting gepubliseer het, kon ons nie vasstel nie.
Indien jy wil weet of jy geregistreer is vir die opkomende plaaslike verkiesing op 1 November, sms jou ID-nommer na 32810 (R1.00 per sms).
32810 is een van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se amptelike sms-lyne.
Meer inligting beskikbaar by https://www.elections.org.za/pw/voter/voter-information.
Sou jy egter die Vaalweekblad per sms wil kontak is di enommer 38210.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
