NationalNews

Hoe om aanlyn as kieser te registreer, of jou adres op te dateer

Besoek jou naaste stempunt op 18 of 19 September 2021 om te registreer, of registreer aanlyn. Volg die stappe onder.

GEBORGDE INHOUD: MEDIAVERKLARING DEUR DIE VRYHEIDSFRONT PLUS OOR KIESERREGISTRASIE

Die Grondwethof het die proklamasie van die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, oor die verkiesing ongeldig verklaar en dus is die kiesersrol weer oop vir nuwe kiesers om te registreer en vir kiesers wat reeds geregistreer is, om seker te maak hulle is wel op die kiesersrol en in die regte wyk om te kan stem.

Met ʼn plaaslike regeringsverkiesing moet kiesers in die wyk stem waarin hulle woon.

Kiesers is welkom om hul status na te gaan by die volgende skakel: https://www.vfplus.org.za/IsEkGeregistreer

Indien u verhuis het en nie by die korrekte stempunt geregistreer is nie, kan u u adres op die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) se webblad verander: https://www.elections.org.za/pw/

Nuwe kiesers kan ook op die OVK se nuwe aanlyn-portaal registreer: registertovote.elections.org.za. Volg die stappe en onthou om u ID-boekie of -kaart byderhand te hou.

Die onderstaande grafika verduidelik die hele proses stap vir stap.

Die OVK bied hierdie naweek ook ʼn registrasienaweek aan (op 18 en 19 September) waar u by ʼn stempunt kan gaan registreer.

Die Grondwethof het bepaal dat die minister van samewerkende regering op 20 September ʼn nuwe verkiesingsdatum moet aankondig. Dit beteken dat kiesers tot dan het om te registreer.

Die VF Plus moedig mense aan om te registreer as kiesers en saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ʼn sterk boodskap aan die ANC te stuur dat die verval van munisipaliteite nie langer geduld sal word nie.

 

VF PLUS: ALGEMENE FOONNOMMER –  0861 700 700

Vir meer inligting oor die VF Plus, kan u gerus die VF Plus-hoofkantoor kontak by die volgende e-pos adres of telefoonnommer:
info@vf.co.za of 0861 700 700 / 012-6650564

 

#STAAN OP  #STAAN SAAM  #STAAN STERK

registertovote.elections.org.za

 

*************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button