Laerskool langasems tree aan vir vriendskaplike landloop
Die opgewondenheid was groot toe drie laerskole vir die eerste maal in 'n baie lang tyd kon bymekaarkom vir 'n vriendskaplike landloop byeenkoms.
VANDERBIJLPARK. – Drie van die Vaaldriehoek se laerskole het op Dinsdag, 21 September 2021 by die Laerskool Kollgepark in Vanderbijlpark aangetree.

Die atlete van Kollegepark, DF Malherbe en Vaalpark Primêr het aan ‘n vriendskaplike landloop byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms was oop vir atlete vanaf graad 1 tot graad 7. Marlize Els van Laerskool Kollegepark het laat weet: “Dit was sommer net om die kinders die geleentheid te bied om deel te neem omrede hulle aan so min sportsoorte die jaar kon deelneem a.g.v Covid-19.

“Hulle het dit regtig verskriklik geniet. Ons kleiner maatjies het 1km gehardloop en die 0/13 seuns 4km.” Vir meer aksiefoto’s oor die dag se gebeure gaan maak gerus ‘n draai by Laerskool Kollegepark se Facebookblad.
