LifestyleNewsTravel

‘Met dié vakansiepryse moet mens maar tuisbly’

"Die toerismebedryf neem ons as Suid-Afrikaners wat in ons eie land wil vakansie hou, nie in ag nie"

 Louise Myburgh van die Vaaldriehoek skryf:

Ek wil graag iets sê en gaan dalk nou positiewe en negatiewe kommentaar uitlok.

Die toerismebedryf kry gedurende die pandemie baie swaar en met dié dat reis vir buitelanders nog moeilik is, vermoed ek die industrie gaan oor die Desembervakansietyd nog swaarder kry.

Ek as Suid-Afrikaner wil ook graag in ons land vakansie hou, maar kan dit eenvoudig nie oor Desember bekostig nie!

Ons is ‘n gesin van vyf wat vir die week tussen 27 Desember en 2 Januarie ‘n bietjie wil weggaan. My seun word 21 en ons sou graag iets lekker wou doen. Die meeste plekke vra R400 of meer per persoon. Dit gaan ons R12 000 vir ses nagte kos!

Dan is dit nog sonder kos en brandstof vir reis. Die pryse is vir ‘n plek langs die dam, nie hotelle nie.

Die toerismebedryf neem ons as Suid-Afrikaners wat in ons eie land wil vakansie hou, nie in ag nie. Alles kos dubbel, of selfs driedubbel gedurende Desember! Ons gaan maar moet tuis bly.

 

***********************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button