Local newsNationalNewsNews

Slegs handjie vol staalwerker neem aan plaaslike staking deel

Terwyl honderdduisende metaalwerkers regoor Suid-Afrika staak vir ’n salarisverhoging van 8% het slegs handjie vol mense gister in Duncanville in Vereeniging saam betoog.

VEREENIGING. – ‘n Groepie van tussen 20 en 30 metaalwerkers in rooi t-hemde van die metaalwerkersvakbond Numsa het voor Ostem Business Park betoog, die pad met takke versper en met stokke in die pad gedans.

Volgens ‘n WhatsApp-boodskap wat vroeër die oggend uitgestuur is was daar protesoptrede regoor Vereeniging maar Vaalweekblad het slegs ’n handjie vol betogers gesien.

Ons kon ook nie bewyse vind van voertuie wat met klippe gegooi is nie.

Van die betogers het kort-kort wyn uit ‘n 5 liter kartondoos 4th Street Sweet Red geskink en dit in die warm son weggesluk.

“Ons het vir twee jaar nie ‘n salarisverhoging gekry nie,” het Josh Mosokotso, ‘n vakbondverteenwoordiger, aan Vaalweekblad vertel tydens die betoging.

Die 4% wat aangebied word is nie goed genoeg nie en die mense sukkel volgens hom om kos op die tafel te sit.

“Alles gaan op. Petrolpryse, kospryse, alles,” het Mosokotso verduidelik.

Hoewel die protesoptrede in Vereeniging meerendeels vreedsaam verloop het is ‘n vragmotorbestuurder glo in die Oos-Rand deur stakers aangerand en met ’n mes gesteek en ‘n veiligheidswag aangeval.

NUMSA dring aan op ‘n salarisverhoging van 8%. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button