
Vaalweekblad begin vandag met ‘n opwindende vasvra-speletjie met R2000 kontant en ander pryse wat per maand gewen kan word. Ons gaan elke paar dae ‘n klompie nuwe vrae vra en lesers hoef net die antwoorde saam met jou naam, van en dorp se naam na 076 454 9256 te WhatsApp. Hoe meer kere jy per maand deelneem, hoe groter word jou wenkans! Stuur jou antwoorde voor 31 Oktober in, wanneer ‘n spesiale rekenaarprogram die wenners gaan kies.
Baie dankie aan Vaalweekblad se wedstrydvennote, Bar with no Name, Gasmonkey, Harry’s Butchery en Jansen Houtwerke vir hul borgskappe van kontant en ander pryse. Vier gelukkige deelnemers gaan ook elke maand ‘n eksemplaar van Vaalweekblad se Herdenkingsboek ter waarde van R350 wen! Die wedstryde word ook as blokkiesraaisels in Vaalweekblad se papieruitgawes aangebied.
Whatsapp die antwoorde op hierdie VIER vrae voor 31 Oktober na 076 454 9256 (Voeg ook jou naam en dorp se naam by) :
1) Dié soort diertjies baljaar in Drie Riviere se oop velde.
2) Die naam van een van Hennie Cronjé se honde.
3) Dié maand is Borskanker-bewusmakingsmaand.
4) Francois van Zyl is ‘n amateur-filmmaker en voltydse predikant van dié NG gemeente.
As jy nie weet wat die antwoorde is nie, sal jy dit in die berigte hier onder vind:
