
Die Hoër Tegniese Skool Carel de Wet in Vanderbijlpark, se klas van 1981 het die naweek van 24 tot 26 September hul 40-jaar reünie by Kommandonek in Parys gehou. Daar was baie nostalgiese oomblikke maar ook heelwat lagbuie toe staaltjies uit toeka se skooldae opgediep is. Die voorname van die manne wat in 1981 laas so lekker saamgekuier het, is (heel voor van links) Manie, Alwyn en Theo. Sittend: Koos, John, Jan, Dirk, Gerhard, Francois en Dana. Agter, staande, is Marius, Koos, Pierre, Johan, Adolf, Dolf, James, Sakkie, Johan, Bennie, Fanie, JP, André, Dries en Hannes.


Drie van 1981 se ou Carels-vriende, Bennie Viljoen, Koos Oosthuizen en Gerhard de Wet, in gesellige luim tydens die reünie.

**********************************************************************************************
