NationalNews

Jong paartjie kan SAPD dalk help met ondersoek

Hulle bevind hul moontlik in die Vaaldriehoek

 

Dié paartjie, Leon en Michelle Botha, kan die Polisie moontlik help met die ondersoek van ‘n saak wat verband hou met ‘n ernstige aanranding en poging tot moord.
Die paartjie is oorspronklik van Pretoria maar bevind hulle moontlik tans in Vereeniging. Hulle het dalk ‘n baba by hulle. Die paartjie, of enigiemand wat weet waar hulle is, word versoek om die Polisie te kontak by 012 432 8776. Die saak is op 19 Oktober by die Hammanskraal-polisiestasie geopen nadat die paartjie se stiefpa met ‘n tuinvurk aangeval is. (Saaknommer: CAS 185/10/2021).

Leon en Michelle Botha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button