(Advertensieberig) Stem vir ‘n regering wat dinge gedoen sal kry – Stem DA
Vereniging op 1 November agter die DA om 'n regering te kry wat dinge gedoen sal kry!
Hierdie advertensieberig is deur die DA opgestel en betaal.
Kiesers in Metsimaholo het op 1 November ‘n unieke geleentheid om te stem vir ‘n regering wat dinge gedoen sal kry!
Ontevredenheid met die gehalte van dienslewering deur ANC beheerde munisipaliteite is ‘n kenmerk van die nasionale gesprek oor die plaaslike regeringsverkiesing van 1 November.
In baie ANC beheerde munisipaliteite is daar boonop ‘n mismoedigheid onder kiesers omdat hulle nie aan ‘n realistiese scenario kan dink waar die ANC minder as 50% van die stemme sal kry nie. Hierdie mismoedigheid is misplaas, omdat dit baie duidelik is dat die ANC se verlies aan steun in hierdie verkiesing gaan voortduur. Daarom sal dit baie jammer wees as kiesers wat moeg is vir wanbestuur, vrot dienslewering en korrupsie moed opgee en nie gaan stem nie – net om op 2 November te besef dat hulle stemme ‘n verskil sou kon maak.
In Metsimaholo is daar geen rede om weens mismoedigheid weg te bly van die stembus af nie. Die ANC kon nie in die 2016 plaaslike regeringsverkiesing, die tussenverkiesings daarna of in die 2019 Nasionale en Provinsiale Verkiesings 50% van die stemme trek in Metsimaholo nie. Kiesers in Metsimaholo wat genoeg gehad het van vrot dienslewering en wanbestuur gaan dus stem wetende dat die ANC waarskynlik weer nie ‘n meerderheid sal kry nie.
Die groot vraag in Metsimaholo is eerder of daar dié keer ‘n standhoudende alternatiewe regering op die been gebring sal kan word in Metsimholo.
Daarom moet kiesers baie mooi dink vir wie hulle stem. Ongelukkig het baie van die plaaslike partye, wat kastig op die been gebring is om Metsimaholo se belange voorop te stel en inwoners te dien, oor die laaste jare gewys dat hulle uiteindelik net stemme werf ter wille van hul eie beursies. Hoe anders verklaar mens dat hierdie partytjies se raadslede so gewillig was om alliansies en koalisies met die ANC te sluit sodat dieselfde patetiese vorm van bestuur en dienslewering maar net voortgesit kan word.
As die grootste opposisieparty in Metsimaholo is die aanbod van die DA ‘n ondubbelsinnige aanbod:
– Kiersers kan ons vertrou om ‘n regering te lei wat dinge gedoen sal kry in Metsimaholo. As ons nie so ‘n regering kan vestig nie sal ons inwoners eerder uit die opposisie banke dien.
– Ons is die Party wat nege van Suid-Afrika se tien beste munisipaliteite regeer. Die onderskeidende kenmerk is egter dat die kiesers in daardie munispalititeite ons met volstrekte meerderhede vertrou het in vorige verkiesings.
– Geen van Suid-Afrika se beste munisipaliteite word deur koalisie regerings bestuur nie.
– Daarom nooi ons almal in Metsimaholo uit wat genoeg gehad het van ANC wanbestuur en korrupsie om te verenig agter die DA.
– ‘n DA-regering sal al die basiese dinge eerste in plek kry: Gesonde bestuur van die munisipaliteit se geldsake, die aanstel van slegs bekwame, gekwalifiseerde amptenare, die herstel van basiese munisipale dienste en die skep van ‘n kultuur waar na die behoeftes van inwoners geluister word sodat inwoners kan help om ontwikkelingsplanne en begrotings vorm te laat aanneem.
VERENIG OP 1 NOVEMBER AGTER DIE DA OM ‘N REGERING TE KRY WAT DINGE GEDOEN SAL KRY!

