
Vaal Mental Health, ‘n organisasie wat omsien na gestremde kinders en hul families wat in nood is, het tans ‘n groot behoefte aan lewensmiddele, veral kos en toiletware. Die inperking stel ‘n baie groot eis aan die organisasie en ‘n beroep word op die publiek gedoen om hulle te ondersteun. Skenkings van enige aard sal baie waardeer word. Kontak Aliza by 082 681 3724 vir bank- of meer besonderhede oor die werk wat hier gedoen word.
Foto: Vaal Mental Health se personeel, vriende en bestuurslede in vrolike luim tydens ‘n geselligheid vroeër vanjaar. Dié groep sit almal hul hart en siel in om soveel sorgbehoewende mense as moontlik deur middel van die instansie te bereik. Die organisasie het kantore in Vanderbijlpark en Sebokeng.

******************************************************************************************

