VANDERBIJLPARK – ’n Brand het gisteraand in die Vanderbijlparkse middedorp uitgebreek en drie ondernemings op die hoek van Attie Fourie- en Paul Sauerstraat was in ligte laaie.
Die betrokke sakeonderneming sluit ’n bedwinkel, ’n salon en ’n tradisionele kruiewinkel in.
Nooddienste is na die toneel ontbied nadat die brand na die aangrensende ondernemings versprei het. Die omvang van die skade word nog bepaal.
Die oorsaak van die brand was teen vanoggend nog nie bekend nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!