(Advertensie) Staan saam op teen verval: Stem VF Plus
"Die VF Plus is die enigste party wat onbeskaamd staan teen Swart Ekonomiese Bemagtiging, Regstellende Aksie en Grond Onteiening," - Adv. Morné Pienaar

Adv. Morné Pienaar – VF Plus kandidaat in Metsimaholo – Wyk 16, skryf:
Op 1 November het elke inwoner van Metsimaholo die kans om op te staan teen die verval en te gaan stem in die plaaslike munisipale verkiesing. Stem vir ‘n party wat opstaan vir jou waardes en beginsels.
Die VF Plus is die enigste party wat onbeskaamd staan teen Swart Ekonomiese Bemagtiging, Regstellende aksie en Grond Onteiening. Die VF Plus het konkrete planne vir die verbetering van munisipale bestuur en dienslewering.
1. Stop die aanstellings van amptenare wat nie op meriete is nie en stel die beste persoon vir die werk aan – ongeag velkleur, stop rassediskriminasie en fokus so op ‘n beter toekoms vir almal.
2. Desentraliseer plaaslike regerings en wentel mag af na so na as moontlik aan die gemeenskap deur sub-rade en kleiner munisipaliteite.
3. Hef billike belastings en tariewe en stop onbillike verhogings.
4. Skep ‘n gunstige omgewing vir die privaatsektor om ekonomiese groei te stimuleer en volhoubare werksgeleenthede te skep – veral deur die skep van vryhandel-sones.
5. Tree as die magsbalans binne veelpartyregerings op en veg vir die regte van VF Plus-kiesers binne sodanige regerings.
6. Tree as effektiewe waghonde ten opsigte van wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid op en vervul ‘n dinamiese gestruktureerde opposisierol. Verseker deursigtigheid en verantwoordbaarheid deur genoegsame oorsig.
7. Stop die besoedeling van die omgewing. Prioritiseer infrastruktuurinstandhouding, voldoening aan toepaslike wetgewing en effektiewe polisiëring en bevorder ‘n kultuur van herwinning.
8. Stop die verlies aan water weens gebarste pype en lekkasies.
9. Beskerm erfenis en respekteer diversiteit. Stop die onnodige verandering van plek- en straatname en bevorder veeltaligheid.
10. Skep ‘n gesonde en veilige omgewing en bevorder goeie waardes. Raak vandag betrokke by die groeiende alternatief wat werkbare oplossings bied.Die VF Plus se plan vir beter munisipale bestuur sal tot voordeel van die hele Metsimaholo-gemeenskap wees.
Staan saam met my op teen die verval. Stem op 1 November VF Plus.
Adv. Morne Pienaar – VF Plus kandidaat in Metsimaholo – Wyk 16. Navrae: 081 388 6330.
* Hierdie politieke boodskap is deur die betrokke partykandidaat saamgestel en betaal, en is nie noodwendig Vaalweekblad se mening nie.

