SASOLBURG. – Op 30 Oktober en 6 November is dit weer vlooimarktyd in John Vorsterstraat, agter Mardo Foto’s in die sakekern.
Dié vlooimarkte word as ‘n gemeenskapsdiens deur Sasolburg se bekendste karwag, Willem Herbst, gereël.
Uitstallers is welkom om hul ware te kom vertoon. Die stalletjies is gratis, maar uitstallers word gevra om ‘n donasie te maak wat deur Willem gebruik word om slaggate in die sakegebied se paaie te herstel.
Willem het in die afgelope sewe jaar al meer as R28 000 met sy projekte ingesamel om slaggate op te vul. Hy het pas weer R1 300 se teer aangekoop. Hy bedank alle sakelui en inwoners wat sy pogings ondersteun om Sasolburg te verfraai.

Meer besonderhede oor die vlooimarkte of sy herstelwerk van slaggate is beskikbaar by Willem by 076 572 3093.

*******************************************************************************************************

