Groot dank van ‘Bring Hoop’ vir hulp met gholfdag
“Danksy plaaslike sakeondernemings en individue kan ons duisende boere in droogtegebiede help, gesinne sonder kos bystaan, bejaardes in nood help, paaie regmaak in verskillende dorpe, veldbrande blus en duisende diere red"

SASOLBURG. – ‘n Baie suksesvolle gholfdag ten bate van Bring Hoop (Boere Droogtehulp SA NPC) is op 12 November te midde van groot ondersteuning deur plaaslike gholfspelers, by Heron Banks-gholfbaan in Vaalpark aangebied.
“Daar is nie genoeg woorde om dankie te sê vir die mense wat saam met ons begin het as vriende en nou familie geword het nie. Ons gholfdag was ‘n groot sukses, te danke aan die Bring Hoop Vaaldriehoekfamilie,” sê Stephen Venter van die organisasie.
“Danksy plaaslike sakeondernemings en individue kan ons duisende boere in droogtegebiede help, gesinne sonder kos bystaan, bejaardes in nood help, paaie regmaak in verskillende dorpe, veldbrande blus en duisende diere red,” sê Stephen.
Bring Hoop (Boere Droogtehulp SA NPC) bedank graag die volgende mense en instansies vir hul gewaardeerde bystand wat die gholfdag baie spesiaal en suksesvol gemaak het: Graham Duncan, Jan Hattingh, La Rochelle Human, Reborne, Heron Banks Golf Course, sowel as die borge: Gas Monkey Pub & Grill, The Local Choice Pharmacy, Leibbrandt Battery Centre Sasolburg, Mochachos Sasolburg, Vanderbijlpark Avbob, Emerald Resort & Casino, Mardo Frames, Tiger Wheel & Tyre Vanderbijlpark, MS Petroleum, Parkview Auto Vereeniging, Vaal Toyota Vaalpark, Benson Photography, Spreeu Wal Wildsplaas, Doctors TV Ads Vanderbijlpark, Donkerhoek Kelders, Vaal Mall, Steers, Vaal Mall Tyres – VMT, en alle ander maatskappye wat pryse geborg het. Ster en Vaalweekblad word ook vir die publisiteit bedank.









*************************************************************************************
