Local newsNationalNews

Veels geluk Jeané van Dam!

Onse Jeané deel van die gekroonde top 5! #supertrots #baiebly #missgrandinternational #missgrandsouthafrica

BANGKOK. – Miss Grand South Arica, Jeané van Dam is gistraand aangewys as die 4de prinses in die Miss Grand International kompetisie.

Jeané is die eerste deelnemer vanuit Afrika wat ‘n goue kroon in die Miss Grand International kompetisie huis toe bring.

Jeané het behoorlik koppe laat draai met haar Nasionale Kleredrag uitrusting. foto: Facebook

Miss Grand Vietnam is as die nuwe Miss Grand International gekroon, gevolg deur Miss Grand Brazil as tweede prinses, Miss Grand Puerto Rico as derde prinses en Jeané as vierde prinses.

Gelukwensinge het van oral oor ingstroom en Jeané se amptelike Facebookblad het die volgende dag nog gegons.

Michelle Raats het laat weet: “Well done Jeané Van Dam jy was amazing En Suid-Afrika nogsteeds trots gemaak”.

Terwyl Ntombifuthi Gumede gesê het: “She made history 💖 thank you Miss Grand SA for choosing the best girl to represent South Africa”
 
Hoërskool Transvalia het ook nie op hul laat wag om hul gelukwensinge aan hul oud-leerling oor te dra nie. “Baie geluk Jeané, jy het pragtig gelyk en was ‘n ware ambassadeur van Transvalia en Suid-Afrika.”
 
Jeané is ook ‘n oud-Lummie en Lumiére Primêr het op hul Facebookblad gesê: Baie geluk Jeané!!! Jy het pragtig gelyk, soos n ware prinses!!!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button