‘n Fees met gees vir inwoners van Pioneer House
Die organiseerders bedank graag die maatskappye en privaatmense wat tot die dag se sukses bygedra het

Die organisasies AfriForum en Solidariteit Helpende Hand het onlangs ‘n genotvolle jaareindfees vir pensioenarisse van Pioneer House in Vanderbijlpark aangebied. Die organiseerders bedank graag die maatskappye en privaatmense wat tot die dag se sukses bygedra het.
Die senior inwoners het elkeen ‘n pakkie met ‘n kombers, seep en lekkernye ontvang, en ‘n heerlike ete en nagereg is ook aan hulle voorgesit. Inwoners kon lekker kuier en op die maat van vrolike musiek dans om in die vakansiegees van die Kersseisoen te deel. Die organiseerders beoog om die geleentheid ‘n jaarlikse instelling te maak met die hulp en borgskappe van die publiek en sakelui.





************************************************************************
