LifestyleLocal LifestyleNews

Manie Jackson ontdek die punte van die reënboog!

"'n Reënboog is vir my 'n bewys van 'n Belofte waaraan ons altyd kan vashou," sê Manie.

 

Die Covid-inperking is beslis nie ‘n voordeel vir Suid-Afrika se uitvoerende kunstenaars en vermaaklikheidsterre nie. Optredes was vir etlike maande verbied en onder die huidige inperkingsvlak moet byeenkomste heelwat kleiner wees as in die dae voor Covid.
Een van die land se gewilde sangers wat steeds die beste van die omstandighede maak, is Manie Jackson, wat in die Vaaldriehoek woon. Hy tree in die huidige inperkingsvlak steeds gereeld by kleiner byeenkomste op en het die afgelope jaar ook ‘n meester met aanlynoptredes geword. Ondanks die ongerief wat die inperking meebring, sien hy steeds die mooi in die lewe raak. Hy het dié pragtige foto’s van ‘n dubbele reënboog onlang naby die Vaaldam geneem toe hy op pad na een van sy optredes was.

“‘n Reënboog is vir my ‘n bewys van ‘n Belofte waaraan ons altyd kan vashou,” sê Manie.

Die gewilde sanger, Manie Jackson.

Foto’s Onder: Dié dubbele reënboog is onlangs naby die Vaaldam deur Manie op kamera vasgevang.

  ***********************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button