Local newsMotoringNewsNewsSport

Monique – Die Vaal se Netbalprinses

Sterkte en voorspoed aan die SPAR-Proteas. Bring die beker huis toe!

Monique Reyneke vertrek op 7 Januarie 2022 as deel van die Suid-Afrikaanse Netbalspan na London. Die SPAR-Proteas gaan in die Quad Reeks meeding teen Nieu-Zeeland, Australië en Engeland vanaf 15 tot 19 Januarie 2022.

Monique sê hulle sien uit na die reeks en is reg om die eerste drie gekeurde spanne op die wêreldranglys aan te vat. Suid-Afrika lê tans vyfde.

Monique in aksie vir die SPAR-Proteas. Foto: verskaf

Die span het die eerste week van Januarie in Potchefstroom deurgebring, nie net om te oefen nie, maar ook om saam te isoleer totdat hul vertrek. “Alle Covid-maatreëls is in plek en ons loop deur onder die stokkie (om getoets te word),” het sy gesê.

Monique het nou reeds 26 keer in amptelike wedstryde vir die SPAR-Proteas gespeel. Alhoewel sy reeds as reserwe saam met die nasionale span na Australië getoer het einde 2018, het sy haar eerste “cap” verdien in 2019 tydens die African Cup.

Sy was kleinsaf blootgestel aan die sport en sê sy het langs die netbalbane grootgeword. “My ma, Miennie Reyneke het provinsiaal netbal gespeel,” onthou sy. “Ek het in Graad 0 al saam met Kollegepark se Graad 1’s deelgeneem.”

Sy het dwarsdeur haar skoolloopbaan netbal gespeel. Eers vir Laerskool Kollegepark en later vir Hoërskool Transvalia waar sy in 2014 matriek geskryf het.

Monique het die speler van die wedstryd beker gekry in Maart 2021. Foto: verskaf

Daarna het sy BA Menslike Bewegingskunde by die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom gaan studeer.

Sy het dit opgevolg met ‘n Honneursgraad in Sportwetenskap wat sy in 2019 voltooi het. In 2020 het sy dan ook as Sport Wetenskaplike by die Centre of Health and Human Performance by die universiteit gewerk.

“Ek het besluit om die groot stap te neem en vanaf 2022 net op my netballoopbaan  te fokus,” het sy gesê.

Die SPAR-Proteas speel hul eerste wedstryd in London teen die Vitality Roses op 15 Januarie 2022.

Die wedstryde sal direk op sosiale media uitgesaai word. Meer info @netballsa op Facebook.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button