NationalNews

Geliefde oudskoolhoof Sam Pellissier sterf

Hoërskool Sasolburg se oudhoof was 'n rolmodel vir duisende

 

SASOLBURG. – Mnr. Sam Pellissier, wat in die 1980’s en vroeë 90’s die hoof van Hoërskool Sasolburg was, is vanoggend in die ouderdom van 95 jaar oorlede.

Hy is gedurende sy onderwysloopbaan met verskeie toptoekenning vereer, onder andere deur die Universiteit van Pretoria, wat in 1990  die Technotron-toekenning aan hom oorhandig het as Suid-Afrika se mees innoverende en inspirerende hoërskoolonderwyser in Natuur- en Skeikunde.

Boodskappe van meegevoel het vandag op Facebook ingestroom vir dié geliefde akademikus, wat deur die jare ‘n rolmodel vir duisende leerlinge was.
Dié boodskap van Anke Van Der Schyff verteenwoordig die gevoel van baie oudleerlinge:
“Dis met groot hartseer om te verneem van Mnr. Sam Pellisier se afsterwe vandag.
Hy het so baie lewens so positief beïnvloed en daarvoor sal ek altyd vir hom respek hê. Hy mag dalk nou by God se troon staan, maar hy sal vir altyd in ons harte voortleef. Rus in vrede, meneer, en dankie vir ‘n leeftyd se mooi….”
Wyle mnr. Pellissier word oorleef deur sy vrou, Alta, en vier kinders en hul gesinne.
Volgens sy seun, Theo, word die troosdiens Woensdagoggend in die Moederkerk op Stellenbosch gehou.
* ‘n Volledige berig verskyn in komende week se Vaalweekblad.
Mnr. Sam Pellissier en sy vrou Alta met sy aftrede in 1991,
Wyle mnr. Sam Pellissier. Hy word oorleef deur sy vrou, Alta.

**************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button